Elkeen van ons kom onder oortuiging van dit wat die Heilige Gees aan ons openbaar.  Soveel kere word ons egter geintimideer deur diegene wat die naaste aan ons is of deur die gemeenskap waarin ons ons bevind om nie ons oortuigings te leef nie.  Onder druk gaan ons dan kompromieë aan omdat ons verwerping vrees.   Hoe leef ek my oortuigings op so n manier dat ek God sal behaag en vir die gemeenskap tot seën sal wees sonder om kompromieë aan te gaan?  Is dit moontlik om verwerping om te draai in aanvaarding en daardeur die Vader in die hemel te verheerlik?